Taktiese opleiding maak Strand-buurtwag meer weerbaar
Ses lede van AfriForum se Strand-buurtwag het onlangs taktiese opleiding in die gebruik van pepersproei ontvang. Die Somerset West Academy for Tactical Training, aangebied deur Herman Ras, het die lede touwys gemaak oor die veilig en regmatige gebruik van pepersproei in noodgevalle.
Kiara Brown, voorsitter van AfriForum se Strand-tak, sê die buurtwaglede is veral daarop gewys hoe om pepersproei veilig en doeltreffend te gebruik wanneer die nood druk. Die Strand-buurtwag is ook geleer hoe om te voorkom om hulself en onskuldige bystanders raak te sproei.
“By AfriForum se Strand-tak gryp ons elke leergeleentheid aan om te groei en ons vaardighede te verbeter om sodoende ons gemeenskap beter te kan dien,” sê Brown.
Dié AfriForum-tak en -buurtwag bedank graag Herman Ras vir die kennis wat hy gedeel het. Die opleiding wat hy gebied het was ’n belangrike les in voorbereiding, vaardigheid en die belangrikheid van selfverseker wees tydens ’n noodgeval.
Raak vandag nog by jou naaste AfriForum-tak betrokke. Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.









