Lekwa-Teemane Munisipaliteit ignoreer AfriForum se vrae
AfriForum het op 24 Januarie 2017 ân dringende aksieplan van Kagiso Palagangwe, burgemeester van die Lekwa-Teemane Plaaslike Munisipaliteit, geĂ«is rakende die terugbetaling van Eskom-skuld, sowel as algemene diensleweringskwessies. Die burgemeester het, ondanks verskeie probeerslae om hom te kontak, eers vanoggend sy foon geantwoord.
Palagangwe het tydens die oproep aan Willem van Vuuren, voorsitter van AfriForum se Bloemhof-tak, gesĂȘ dat hulle eers Vrydag op die navrae sal reageer en het daarna die telefoon doodgedruk. Van Vuuren het na afloop van die oproep ân teksboodskap gekry wat lees: âWe will respond on Friday.â
Volgens Alta Pretorius-Swart, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland, is dit duidelik dat die burgemeester glad nie op die gemeenskap se probleme ag slaan nie.
âDit is waarskynlik dat hy nie antwoorde op hierdie vrae het nie. Van Vuuren sal vandag weer na die burgemeester se kantoor gaan en probeer om hom te siene te kry. AfriForum sal verdere stappe doen as die burgermeester nie konstruktiewe terugvoer gee nie. Die inwoners van Bloemhof kan nie meer die swak dienslewering verduur nie,â sĂȘ Pretorius-Swart.
âAfriForum onderneem om volgehoue druk op die munisipaliteit te plaas en doen ân beroep op die gemeenskap om betrokke te bly. Hou asseblief die Bloemhof-tak se Facebook-blad vir verdere inligting dop,â sluit Pretorius-Swart af.
Wys jou steun vir AfriForum: SMS âBloemhofâ na 45344 (R1).



