AfriForum lรช klagtes teen EFF se sekretaris-generaal
AfriForum het vandag by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion klagtes van aanhitsing tot geweld gelรช teen Godrich Gardee, sekretaris-generaal van die EFF. Die organisasie het die klag gelรช op grond van artikel 18 van die Wet op Oproerige Byeenkomste, 17 van 1956.
Dit volg op Gardee se onlangse twiet dat kleefmyne in die Loftus Versfeld-stadion โ waar Angus Buchan binnekort โn geleentheid beplan โvรณรณr die geleentheid versteek moet word. Buchan het spesifiek Afrikaners uitgenooi om diรฉ geleentheid by te woon.
โDie ontstellende twiet deur die sekretaris-generaal van die EFF blyk daarop te dui dat die party glo dat dit geweld teen Suid-Afrikaanse burgers kan aanhits sonder om enige gevolge daarvoor te dra. Gewelddadige dreigemente van diรฉ aard het geen plek in die samelewing nie, veral nie as dit van die sekretaris-generaal van die derde grootste politieke party in Suid-Afrika kom nie,โ sรช Ernst van Zyl, veldtogbeampte by AfriForum.
AfriForum het ook โn klag van haatspraak teen Gardee by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie aanhangig gemaak.
Volgens Van Zyl, beskou AfriForum Gardee se dreigende twiet as uiters gevaarlik en kwaadwillig. โDie burgerregteorganisasie het daarom stappe gedoen om te verseker dat geregtigheid deur die korrekte regskanale plaasvind. Ons spoor die owerheid aan om behoorlik teen Gardee op te tree om verantwoordbaarheid te verseker en dat dit as afskrikmiddel kan dien vir diegene wat in die toekoms gewelddadige dreigement van diรฉ aard wil maak,โ sluit Van Zyl af.




