|

AfriForum maak Limpopo se blou-en-groendruppeluitslae bekend

Member only content

Al die dorpe in Limpopo se drinkwater wat getoets is – van Ellisras tot Tzaneen ­–  is skoon en drinkbaar. Dít is luidens die bloudruppeluitslae van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.

AfriForum het van Augustus tot November 2022 verskeie dorpe in Limpopo se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

Plek Munisipaliteit 2019 2020 2021 2022
Limpopo
Die Oog Aftreelandgoed (aftreedorp) Mookgophong – Modimolle PM Skoon Skoon
Ellisras Lephalale PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Groblersdal Elias Motsoaledi PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Haenertsburg Groter Tzaneen PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Hoedspruit Maruleng PM Skoon
Leeupoort Thabazimbi PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Louis Trichardt Makhado PM Skoon
Marble Hall Sekhukhune DM Skoon Skoon Skoon Skoon
Musina Musina PM Skoon Skoon
Naboomspruit Mookgophong – Modimolle PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Nylstroom Mookgophong – Modimolle PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Phalaborwa Ba-Phalaborwa PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Pietersburg Polokwane PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Potgietersrus Mogalakwena PM Skoon Skoon Skoon
Roedtan Mookgophong – Modimolle PM Skoon Skoon Skoon
Rooiberg Thabazimbi PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Thabazimbi Thabazimbi PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Tzaneen Groter Tzaneen PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Vaalwater Mookgophong – Modimolle PM Skoon
Warmbad Bela-Bela PM Skoon Skoon Skoon Skoon

“Ons kon vasstel dat  Ellisras, Groblersdal, Haenertsburg, Hoedspruit, Leeupoort, Marble Hall, Musina, Naboomspruit, Modimolle, Phalaborwa, Polokwane, Potgietersrus, Roedtan, Rooiberg, Thabazimbi, Tzaneen, Bela-Bela se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Magdel Jansen van Vuuren, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.

Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen 10 rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Tak Munisipaliteit 2019 2020 2021 2022
Ellisras Lephalale PM >1 000 >1 000 >1 000 Nie toelaatbare standaard
Groblersdal Elias Motsoaledi PM >1 000 >10 000 Nie toelaatbare standaard
Marble Hall Ephraim Mogale PM >1 000 >1 000 Nie toelaatbare standaard
Musina Musina PM >1 000 Nie toelaatbare standaard
Naboomspruit Mookgophong PM >1 000 >10 000 >1 000 Nie toelaatbare standaard
Nylstroom Modimolle PM >1 000 >1 000 >1 000 Nie toelaatbare standaard
Phalaborwa Ba-Phalaborwa PM >1 000
Pietersburg Polokwane PM >1 000 >1 000 Nie toelaatbare standaard
Potgietersrus Mogalakwena PM >10 000 >1 000 Nie toelaatbare standaard
Tzaneen Groter Tzaneen PM Skoon Skoon >1 000 Nie toelaatbare standaard
Warmbad Bela-Bela PM Skoon >10 000 Nie toelaatbare standaard

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik die volgende plaaslike munisipaliteite: Lephalale, Elias Motsoaledi, Ephraim Mogale, Musina, Mookgophong, Modimolle, Ba-Phalaborwa, Polokwane, Mogalakwena, Groter Tzaneen, Bela-Bela. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Jansen Van Vuuren.

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Jansen van Vuuren af.

“Dit is ook duidelik uit die Departement van Water en Sanitasie (DWS) se blou-en-groen-druppelverslag dat daar rede tot kommer is in Suid-Afrika. Hoewel die toestand van die krag in Suid-Afrika erg en uitdagend is, kan dit nie vergelyk met die waterkwessie waarop Suid- Afrika afstuur nie,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir Omgewingsake.

AfriForum sal ook sodra die departement hulle nuutste verslag bekendmaak dit noukeurig deurwerk en moniteer.

As die bewaarder van water kom die DWS nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie.  Dit is van kardinale belang dat ons sonder ophou die gehalte van ons drink- en rioolafvalwater toets. Ons moet dié lewensbelangrike bron beskerm.

AfriForum versoek inwoners van Limpopo om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “skoon water” na 45340 (R1) en steun hierdie aksie.

Soortgelyke plasings