Water
|

AfriForum maak KwaZulu-Natal se blou-en-groendruppeluitslae bekend

Member only content

Al die dorpe in KwaZulu-Natal se drinkwater wat getoets is – van Amanzimtoti tot Vryheid ­–  is skoon en drinkbaar. Dít is luidens die bloudruppeluitslae van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.

AfriForum het van Augustus tot November 2022 verskeie dorpe in KwaZulu-Natal se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

Plek Munisipaliteit 2019 2020 2021 2022
Kwazulu- Natal
Amanzimtoti Ethekwini Metro Skoon Skoon
Hluhluwe The Big 5 False Bay PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Ixopo Ubuhlebezwe PM
Margate Hibiscuskus PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Newcastle Newcastle PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Nottingham road uMgungundlovu DM Skoon
Paulpietersburg eDumbe PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Pinetown Ethekwini Metro Skoon
Pongola uPongola PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Richardsbaai uMhlathuze PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Underberg Kwa Sani PM
Utrecht eMadlangeni PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Vryheid Abaqulusi PM Skoon Skoon Skoon Skoon

“Ons kon vasstel dat Amanzimtoti, Durban-Wes, Hluhluwe, Newcastle, Paulpietersburg, Nottingham Road, Pongola, Richardsbaai, Utrecht en Vryheid se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se distrikskoördineerder vir KwaZulu-Natal.

Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen 11 rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Tak Munisipaliteit 2019 2020 2021 2022
Amanzimtoti eThekwini Metro >10 000 Nie toelaatbare standaard
Hluhluwe The Big 5 False Bay PM Skoon >1 000 Nie toelaatbare standaard
Margate Hibiscuskus PM >1 000 >1 000 >10 000 Nie toelaatbare standaard
Newcastle Newcastle PM >1 000 >1 000 >10 000 Nie toelaatbare standaard
Paulpietersburg eDumbe PM >1 000 Skoon >1 000 Nie toelaatbare standaard

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Van Aswegen.

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Van Aswgen af.

“Dit is ook duidelik uit die Departement van Water en Sanitasie (DWS) se blou-en-groen-druppelverslag dat daar rede tot kommer is in Suid-Afrika. Hoewel die toestand van die krag in Suid-Afrika erg en uitdagend is, kan dit nie vergelyk met die waterkwessie waarop Suid- Afrika afstuur nie,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir Omgewingsake.

AfriForum sal ook sodra die departement hulle nuutste verslag bekendmaak dit noukeurig deurwerk en moniteer.

As die bewaarder van water kom die DWS nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie.  Dit is van kardinale belang dat ons sonder ophou die gehalte van ons drink- en rioolafvalwater toets. Ons moet dié lewensbelangrike bron beskerm.

AfriForum versoek inwoners van KwaZulu-Natal om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “skoon water” na 45344 (R1) en steun hierdie aksie.

Soortgelyke plasings