|

AfriForum maak Noordwes se blou-en-groendruppeluitslae bekend

Member only content

Slegs een dorp in Noordwes waarvan die drinkwater getoets is, is nie skoon en drinkbaar nie. Coligny se drinkwater voldoen nie aan die standaard nie. Dít is luidens die bloudruppeluitslae van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.

AfriForum het van Augustus tot November 2022 verskeie dorpe in Noordwes se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

Plek Munisipaliteit 2019 2020 2021 2022
Noordwes
Biesiesvlei Ditsobotla PM Skoon Skoon Skoon
Bloemhof Lekwa-Teemane PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Brits Madibeng PM Fosfate >50 dpm Lood en nitrate Skoon Skoon
Christiana Lekwa-Teemane PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Coligny Ditsobotla PM Skoon Skoon Skoon Nie op standaard nie
Delareyville Tswaing PM Nitrate >25 dpm; fosfate >25 dpm Nitrate Skoon Skoon
Groot-Marico Ramotshere Moiloa PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Hartbeesfontein Stad Matlosana PM Skoon Skoon
Hartbeespoort Madibeng PM Skoon Skoon Skoon
Klerksdorp Stad Matlosana PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Koster Kgetlengrivier PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Leeudoringstad Maquassi Hills Skoon Skoon Skoon
Lichtenburg Ditsobotla PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Mahikeng Mahikeng PM Skoon Skoon Skoon
Makwassie Maquassi Hills PM Skoon Skoon Skoon
Mooinooi Madibeng PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Orkney Stad Matlosana PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Ottosdal Tswaing PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Potchefstroom JB Marks PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Rustenburg Rustenburg PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Sannieshof Tswaing PM Fosfate >25 dpm Fosfate en fekale kolivormige bakterieë Skoon Skoon
Schweizer-Reneke Mamusa PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Stella Naledi PM Nitrate >100 dpm Nitrate Skoon Skoon
Stilfontein Stad Matlosana PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Swartruggens Kgetlengrivier PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Ventersdorp Ventersdorp PM Skoon Skoon Skoon
Vryburg Naledi PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Wolmaransstad Maquassi Hills PM Skoon Skoon Nitrate is hoog Skoon
Zeerust Ramotshere Moiloa PM Skoon Skoon Skoon
Ander
Buffelspoort Madibeng PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Potchefstroom-kampus (Pukke) Noordwes-Universiteit Skoon Skoon Skoon Skoon

“Ons kon vasstel dat Biesiesvlei, Bloemhof, Brits, Christiana, Delareyville, Groot Marico, Hartbeespoort, Klerksdorp, Koster, Lichtenburg, Mooinooi, Orkney, Ottosdal, Potchefstroom, Rustenburg, Sannieshof, Schweizer-Reneke, Stella, Stilfontein, Swartruggens, Ventersdorp, Vryburg en Wolmaransstad se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen 17 rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Plek Munisipaliteit 2019 2020 2021 2022
Biesiesvlei Ditsobotla PM >10 000 >10 000
Bloemhof Lekwa-Teemane PM >1 000 >1 000 >1 000
Brits Madibeng PM Skoon >1 000 >1 000 Nie toelaatbare standaard
Buffelspoort Madibeng PM Skoon >10 000
Christiana Lekwa-Teemane PM >10 000 >1 000 >1 000 Nie toelaatbare standaard
Coligny Ditsobotla PM >100 000 >10 000 >10 000 Nie toelaatbare standaard
Delareyville Tswaing PM Skoon >1 000 >1 000 Nie toelaatbare standaard
Groot Marico Ramotshere Moiloa PM >1 000 >1 000 >1 000 Nie toelaatbare standaard
Hartbeesfontein Matlosana PM Nie toelaatbare standaard
Hartbeespoort Madibang PM Skoon >1 000 >1 000
Klerksdorp Matlosana City PM >1 000 >1 000 >1 000 Nie toelaatbare standaard
Koster Kgetlengrivier PM >1 000 >1 000 >1 000 Nie toelaatbare standaard
Lichtenburg Ditsobotla PM >50 000 >1 000 >10 000 Nie toelaatbare standaard
Mahikeng Mahikeng PM >10 000 >10 000
Mooinooi Madibeng PM >5 000 >1 000 Skoon Nie toelaatbare standaard
Potchefstroom Tlokwe PM Skoon >10 000 >1 000 Nie toelaatbare standaard
Rustenburg Rustenburg PM >5 000 Skoon >10 000 Nie toelaatbare standaard
Sannieshof Tswaing PM Skoon >1 000
Schweizer-Reneke Mamusa PM >10 000 Skoon >1 000
Stella Naledi PM >1 000 >1 000
Stilfontein Matlosana City PM >1 000 >1 000 >1 000 Nie toelaatbare standaard
Swartruggens Kgetlengrivier  PM >1 000 >1 000 Nie toelaatbare standaard
Ventersdorp Ventersdorp PM >1 000 >1 000 Nie toelaatbare standaard
Vryburg Naledi PM >1 000 >10 000 >10 000 Nie toelaatbare standaard
Wolmaransstad Maquassi Hills Skoon Skoon Skoon Nie toelaatbare stanaard
Zeerust Ramotshere Moiloa PM >10 000 >1 000 Skoon

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Nel af.

“Dit is ook duidelik uit die Departement van Water en Sanitasie (DWS) se blou-en-groen-druppelverslag dat daar rede tot kommer is in Suid-Afrika. Hoewel die toestand van die krag in Suid-Afrika erg en uitdagend is, kan dit nie vergelyk met die waterkwessie waarop Suid-Afrika afstuur nie,” sê Lambert de Klerk, bestuurder vir Omgewingsake by AfriForum.

AfriForum sal ook sodra die departement hulle nuutste verslag bekendmaak dit noukeurig deurwerk en moniteer.

As die bewaarder van water kom die DWS nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie.  Dit is van kardinale belang dat ons sonder ophou die gehalte van ons drink- en rioolafvalwater toets. Ons moet dié lewensbelangrike bron beskerm.

AfriForum versoek inwoners van Noordwes om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “skoon water” na 45344 (R1) en steun hierdie aksie.

Soortgelyke plasings