|

Noord van die berg-tak se tuinspan maak Pretoria-Noord weer mooi

Member only content

AfriForum se Noord van die berg-tak se tuinspan het gedurende Julie verskeie projekte aangepak en suksesvol afgehandel. Hulle het besluit om skouer aan die wiel te sit om die gemeenskap van Pretoria-Noord te verbeter.

Die tuinspan maak die Pretoria-Noord-stadsaal se terrein en verskeie strate, insluitend
Delia-, Andrรฉ- en Francoisstraat asook die hoek van Azaleaweg en Bokmakieriestraat maandeliks skoon. Hulle ruim ook gereeld die volgende parke op: Monumentpoort, Wolmer, Suur Klapper, en die park in Bokserstraat. Die span het ook die Heldeakker-begraafplaas onder hande geneem.

Gedurende Julie het die tuinspan 650 km afgelรช om opruimingswerk te doen, hulle het 1 294 swartsakke vol vullis opgetel, 36 vragte rommel weggery en 8 hektaar gras gesny.

โ€œAfriForum sal aanhou om ons gemeenskappe by te staan waar die staat of munisipaliteit nalaat om dit te doen. Deur projekte aan te pak wat โ€™n daadwerklike verskil in die area maak, skep ons hoop,โ€ sรช Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoรถrdineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Klik hier en raak vandag nog by AfriForum se Noord van die berg-tak betrokke.

Soortgelyke plasings