AfriForum se Kirkwood-buurtwag trek inbreker vas
AfriForum se Kirkwood-buurtwag het op 26 Augustus 2023 โn vermeende inbreker vasgetrek. Dit volg nadat die buurtwag se patrolleerders โn noodroep ontvang het oor โn verdagte wat toegang tot โn bejaarde inwoner se huis verkry het. Op pad na die toneel het โn AfriForum-patrolleerder die vermeende inbreker langs die pad gewaar en aangekeer. Die SAPD was kort nadat hulle in kennis gestel is van die voorval op die toneel en het die verdagte vir ondervraging geneem.
โDit is โn groot sukses vir AfriForum se Kirkwood-buurtwag en die hele Kirkwood-gemeenskap. Ons bedank elke AfriForum- en buurtwaglid vir hul onbaatsugtige bydrae en tyd wat opgeoffer word om hierdie gemeenskap te beveilig,โ sรช Wikus van der Walt, AfriForum se distrikskoรถrdineerder vir die Oos-Kaap.
โDanksy die patrolleerder se vinnige optrede en die nodige rolspelers se betrokkenheid kon die verdagte suksesvol gearresteer word. Dit is belangrik dat gemeenskapslede inskakel by hul plaaslike AfriForum-buurtwag,โ sรช Pieter Potgieter, buurtwagleier van AfriForum se Kirkwood-buurtwag.
โAfriForum versoek alle gemeenskappe om by hul plaaslike buurtwagstrukture betrokke te raak om sodoende, in samewerking met ander veiligheidsdienste in hul omgewing, na hul eie veiligheid te begin omsien. Sluit dus vandag nog aan by jou plaaslike AfriForum-buurtwag,โ beklemtoon Van der Walt.



