AfriForum bied wapenopleiding aan Mosselbaai se jeug
Die jeug-vleuel van AfriForum se Mosselbaai-tak het die afgelope naweek (3 Augustus) die inisiatief geneem om jongmense oor wapenveiligheid te leer en hul te wys hoe om veilig met โn vuurwapen om te gaan. Diรฉ tak het spesifiek daarop gefokus om jongmense die basiese beginsels van wapenveiligheid te leer. Die deelnemers het boonop ook die geleentheid gehad om verskillende kaliber wapens te hanteer en oefenskote daarmee af te vuur.
โDit is uiters belangrik dat mense van โn jong ouderdom af die basiese beginsels en veiligheidsreรซls leer voordat hulle โn wapen hanteer. Veiligheid en voldoende opleiding in beveiliging is vir AfriForum en sy 160 takke oor die land heen โn groot prioriteit. Dit is bemoedigend om te sien dat ons jeuglede die tyd afgestaan het om oor wapenveiligheid te leer en hulself te bemagtig,โ sรช Marthinus Erasmus, AfriForum se distrikskoรถrdineerder vir die Suid-Kaap.
Kennis is mag en kennis in die korrekte hantering van โn vuurwapen kan in โn noodsituasie die verskil tussen lewe en dood beteken. Neem vandag nog jou veiligheid in jou eie hande en raak betrokke by jou naaste AfriForum-veiligheidstruktuur. Stuur โn e-pos aan marthinus.erasmus@afriforum.co.za of skakel Erasmus by 081ย 216 9602 om meer hieroor te wete te kom.



