AfriForum eis aksie nรก Tshwane-metro se trae optrede tragedie by Plastic View meebring
Die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit se versuim om inwoners van onwettige nedersettings te hervestig en onwettige stortingsterreine te beheer het die afgelope naweek noodlottige gevolge gehad. โn Verwoestende brand by die Plastic View-informele nedersetting in die ooste van Pretoria het Sondag โn man se lewe geรซis en ses strukture vernietig. AfriForum meen diรฉ tragedie was nie net voorkombaar nie, maar โn direkte gevolg van jarelange versuim deur die metro om sy grondwetlike pligte na te kom.
AfriForum het herhaaldelik gewaarsku dat onwettige stortingsterreine en nedersettings wat met onwettige strukture deurtrek is, โn ernstige brandgevaar is. Die informele strukture hinder boonop nooddienste se vermoรซ om betyds toegang tot hierdie gebiede te kry.
โDie lewens van diegene wat in hierdie nedersettings woon word nie net in gevaar gestel nie, maar so ook word die breรซr gemeenskap se welstand in gedrang gebring. Hierdie nedersettings dra by tot die misdaadkrisis, hou verskeie gesondheidsgevare in en doen ernstige skade aan die omgewing,โ sรช Llewellynn Hemmens, AfriForum se distrikskoรถrdineerder vir Groter Pretoria-Noord.
AfriForum eis daarom dat die Tshwane-metro โn plan forumleer om inwoners van onwettige nedersettings te hervestig en diรฉ gebiede, tesame met onwettige stortingsterreine, tot niet te maak en te rehabiliteer.
โAlternatiewe, wettige behuising en die uitsetting van onwettige besetters is al manier om die veiligheid van al die betrokkenes te verseker. Dit is ook tyd dat die metro verantwoording doen oor hoekom hierdie situasie toegelaat is om sรณ te ontspoor,โ sรช Hemmens.
Die jongste voorval by hierdie informele nedersetting benadruk waarom AfriForum voortgaan om druk op die metro te plaas om onwettige besetters te hervestig, onwettige stortingsterreine te rehabiliteer en sy verantwoordelikheid teenoor wetsgehoorsame burgers na te kom.
AfriForum doen โn beroep op die publiek om saam te staan en druk op owerhede te plaas totdat daar werklike verandering plaasvind. Besoek www.wordlid.co.za om by AfriForum se plaaslike tak en veiligheidstrukture betrokke te raak.



