AfriForum en Solidariteit bereik geskiedkundige ooreenkoms met ANC
Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch
Die burgerregte-organisasie AfriForum en die vakbond Solidariteit asook lede van die ANC/SAKP/Cosatu-alliansie het vandag ân bilaterale vergadering in Pretoria gehou wat daarop gemik is om ân vreedsame, stabiele en volhoubare akademiese program aan die Universiteit van Pretoria (UP) te verseker.
ân Ooreenkoms is opgestel na aanleiding van ân reeks gebeure wat vandeesweek tot die sluiting van die UP gelei het nadat die instansie onder erge protesaksies van onder meer EFF-studente gebuk gegaan het. Die partye het vroeĂ«r vandeesweek byeen gekom om die pad vorentoe te bespreek.
Hope Papo, ANC-sekretaris in Gauteng, het op ân nuuskonferensie gesĂȘ niemand het die reg om geweld of intimidasie te gebruik om hul boodskap oor te dra nie.
âUniversiteite moet die kern van intellektuele gesprekke en debatvoering wees, nie die kern van geweld en oproer nie.â
Hy het voorts gesĂȘ dat die EFF-lede se vlak van geweld nie toepaslik en nodig is in ân demokratiese land nie. âOns het nie eens in apartheid, in die tydperk wat ons jong vryheidsvegters was, dit gewaag om ân universiteit se gebou af te brand nie.â
Lede van die ANC-alliansie het beklemtoon dat hoewel die ooreenkoms op UP fokus, hulle hoop die boodskap na ander tersiĂȘre instellings sal oorspoel.
âGeen taal wat beskerm word deur die Suid-Afrikaanse Grondwet moet âvalâ nie,â het Papo gesĂȘ.â Hy meen dit is nie deel van die ANC se beleid om een taal bo ân ander te bevoordeel nie.â
Cornelius Jansen van Rensburg, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesĂȘ die organisasie het verskeie kere probeer om met lede van die EFF in gesprek te tree. âStudente op kampus sĂȘ nie dat hulle deur swart studente aangeval word nie, maar deur EFF-lede. Dit was dus nie ân rassegeveg nie, maar ân politieke een.â
Die partye het saamgestem dat hoewel hulle verskillende standpunte oor verskeie sake huldig, hulle geĂŻnspireer is deur die gees van veelpartygesprekke en dialoogpraktyk wat insluitend, deursigtig en breedweg verteenwoordigend is van uiteenlopende denke.
âDie bevordering van gehalte-onderrig is die doeltreffendste manier om armoede in die land te pak. Dit bepaal jou werksekuriteit, vlak van inkomste en vermoĂ« om te sorg vir jouself en jou gesin. Ons kan nie toelaat dat opportunistiese politieke partye die veiligheid van ons universiteite se studente en werknemers belemmer nie,â het Flip Buys, voorsitter van die  Solidariteit Beweging, gesĂȘ.
Die partye het ooreengekom om intimidasie, ontwrigting, geweld en pogings om die universiteitsgemeenskap op rassegrondslag te polariseer onvoorwaardelik te veroordeel. Dat daar gesprekke moet wees rondom die transformasie van die universiteit en die taalbeleid. Voorts het almal onderneem om hul steun te gee vir die heropening van die universiteit op Maandag 29 Februarie.
Die partye het ook ooreengekom om rondom bogenoemde sake saam te werk om te verseker dat Tukkies in diens van die land, die ekonomie en mense in hul diversiteit is.
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het gesĂȘ die meerderheid swart en wit studente wil in ân vreedsame omgewing studeer waar daar wedersydse respek vir alle rasse en tale is. Hy meen egter dat diĂ© studente se stemme stilgemaak word deur ân klein groep radikales.
âOns as lede van die Solidariteit Beweging en die ANC wil daarom met hierdie ooreenkoms saam ân sterk boodskap oordra dat ons saam kan staan wanneer ons belange dieselfde is. Ons staan dus saam op teen geweld, intimidasie en die bevordering van moedertaal-onderrig in die land.â



