AFRIFORUM: ONTWIKKELING VAN INFORMELE NEDERSETTING BEDREIG VOORTBESTAAN VAN KAAPSE AASVOรL
Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 3 September 2021 kommentaar ingedien teen die ontwikkeling van die Matlakeng Uitbr. 11- informele nedersetting. Dit volg nรก talle inwoners van Zastron ongelukkig was oor die voorgestelde uitbreiding. Die kommentaar is gerig aan Sapphire Omgewingskonsultante, aan wie belanghebbendes kommentaar kon indien oor die voorgestelde ontwikkeling.
Die voorgestelde area vir ontwikkeling van die Matlakeng Uitbr. 11- informele nedersetting is geleรซ in die Zastron-gebied en val onder die Mohokale Plaaslike Munisipaliteit. Volgens die kommentaar wat deur AfriForum ingedien is, is daar โn gedeelte van die ontwikkeling wat binne โn bewaarde area, bekend as Aasvoรซlberg, geleรซ is. Hierdie area is โn broeiplek vir die bedreigde Kaapse aasvoรซlspesie en ontwikkeling in hierdie area sal ernstige gevolge vir die aasvoรซls inhou.
Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se streekshoof vir die sentraalstreek, kan daar nie toegelaat word dat die natuurlike broeiplek van die aasvoรซls skade ly nie. โDie terrein wat voorgestel word vir ontwikkeling is โn baie sensitiewe area en daarom kan die informele nedersetting nie daar opgerig word nie. Dit sal โn massiewe negatiewe impak op die omgewing hรช, sowel as vir die Kaapse aasvoรซl wat reeds โn bedreigde spesie is en sukkel om voort te plant.โ
Grobbelaar glo ook die swak dienslewering van die plaaslike munisipaliteit is โn verdere rede waarom die ontwikkeling nie kan plaasvind nie. โDie dienslewering van die Mohokale Plaaslike Munisipaliteit is tans baie swak, en hulle versuim om selfs die basiese dienste in die dorp en aangrensende informele nedersetting te lewer. Die rioolwerke is buite werking en die vullisterrein word wanbestuur, tesame met verskeie ander probleme. Die munisipaliteit sal dit nie kan bekostig om dienste te lewer aan nog โn nedersetting nie. Indien die ontwikkeling sou plaasvind, sal mense wat woonagtig is in die nuwe uitbreiding min of selfs geen dienslewering kry nie,โ sluit Grobbelaar af.
AfriForum sal deurentyd die vordering van die saak dophou en verdere stappe doen indien nodig om te verseker dat die gemeenskap in Zastron se regte beskerm word en die natuur bewaar word.
Sluit vandag aan by AfriForum en help ons om diรฉ kwessie te beveg. SMS โZastronโ na 45344 (R1) om betrokke te raak.



