|

AfriForum se Kaap Agulhas-tak skenk verversings aan brandbestryders tydens veldbrand naby Bredasdorp

Die AfriForum-tak in Kaap Agulhas het op 7 November water, koeldranke en energiestafies aan die brandbestryders van die Overberg-brandweer oorhandig. Dié span brandbestryders was sedert vroegoggend intens besig om ’n uitgestrekte veldbrand te bestry, wat net buite Bredasdorp ontstaan het.

Met hierdie bydrae het AfriForum erkenning gegee aan die uitputtende en gevaarlike werk wat brandbestryders verrig om mense, diere en eiendom te beskerm – dikwels onder gevaarlike en veeleisende omstandighede. Die energiestafies is deur AgriMark Bredasdorp geskenk, terwyl AfriForum die koeldranke en water geskenk het.

“Ons brandbestryders werk dikwels ure aaneen sonder rus om te voorkom dat ’n brand buite beheer raak. Dit is vir ons belangrik om aan te toon dat die gemeenskap hul inspanning raaksien en waardeer,” sê Freddie Els, voorsitter van AfriForum se Kaap Agulhas-tak.

Die skenking is uit AfriForum se noodfonds gemaak, wat die organisasie in staat stel om onmiddellik en doelgerig te reageer wanneer gemeenskappe deur rampe soos veldbrande getref word. Anders as die regering – wat keer op keer faal om rampfondse betyds en deursigtig beskikbaar te stel – verseker AfriForum dat elke sent verantwoordelik en doelmatig aangewend word waar dit die nodigste is.

Lede van die publiek wat graag ’n bydra tot AfriForum se noodfonds wil  maak, kan ’n direkte donasie maak. Die bankbesonderhede vir die noodfonds is as volg:

Bank:                         Eerste Nasionale Bank (FNB)

Rekeninghouer:      AfriForum MSW

Takkode:                   261550

Rekeningnommer:   623 498 98 398

Verwysing:                Noodfonds

AfriForum moedig inwoners aan om deel te word van die tak se projekte en saam te bou aan ’n kultuur van selfdoen, verantwoordelikheid en gemeenskapstrots. Sluit vandag nog aan by die Kaap Agulhas-tak en help hulle om meer te doen. Stuur ’n e-pos na marthinus.erasmus@afriforum.co.za of bel hom by 081 216 9602.

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf