|

AfriForum se Secunda-buurtspan ruim reuse-gebied op in dié dorp

AfriForum se Secunda-buurtspan het meer as 26 000 vierkante meter se oppervlakte gedurende September opgeruim. Hierdie opruimingswerk het alles in die reuse-groenstrook by Jack Hindon-straat plaasgevind. Die buurtspan het lang digte grasse afgesny en bymekaar gemaak, asook die bome gesnoei om te verseker dat mense gemaklik daaronder kan beweeg en daardeur kan sien.

Lang gras in die verskeie groenstroke en bome wat min tot geen snoeiwerk van die plaaslike munisipaliteit ontvang, is een van die hoofredes waarom misdadigers so maklik kan rondbeweeg en wegkruip.

Hierdie buurtspan het alreeds meer as 260 000 vierkante meter se gebiede in 2025 opgeruim.

“Vandat die buurtspan gestig is, het ons reeds groot gebiede opgeruim wat ’n duidelike verskil maak. Inwoners hou ook gereeld by ons stil om hul dankbaarheid te betuig want die werk wat ons doen, maak die buurte netjies en veiliger,” sê Jan du Plessis, AfriForum se voorsitter vir die Trichardt-Evander-Kinross-Secunda-takke (oftewel die Teks-tak).

Steun die AfriForum-tak in hierdie dorpe deur aan te sluit by www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf