AfriForum se Vaalharts-tak wys staal in beesdiefstalondersoek

AfriForum se Vaalharts-tak se lugsteunafdeling het verlede week suksesvol 10 gesteelde beeste opgespoor en aan hul eienaar terugbesorg. Die beeste is oor die naweek van 13 en 14 September in die Klossiespan-omgewing naby Christiana gesteel.

Die lugsteunspan het hul inligtingsnetwerk ingespan en deur deeglike speurwerk en die ontplooiing van ’n hommeltuig die beeste binne twee dae teruggevind. Die beeste is ongeveer 25 km van die eienaar se plaas af opgespoor.

Protospanlede en ander rolspelers het saamgespan en toegeslaan op die plek waar die diere aangehou is. Op 16 September is die beeste onder toesig van die polisie uitgeken en gelaai om terug te neem na hul eienaar toe.

“Hierdie sukses wys wat moontlik is wanneer gemeenskappe saamstaan en tegnologie benut om misdaad te beveg,” sê Jaap Saunders, voorsitter van AfriForum se Vaalharts-tak. Die ondersoek duur voort en verdere arrestasies word verwag

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf