AfriForum verwelkom dat Coligny-twee se aansoek om verlof tot appรจl toegestaan is

Member only content

AfriForum verwelkom die spesiale verlof wat Pieter Doorewaard en Phillip Schutte van Coligny ontvang het om direk by die appรจlhof in Bloemfontein te kan appelleer teen hul skuldigbevinding deur die hoรซ hof in Mmabatho aan die moord op die tiener Matlhomola Moshoeu. Dรญt volg nadat Doorewaard en Schutte se regspan onder leiding van adv. Barry Roux die appรจlhof suksesvol gepetisioneer het om verlof tot appรจl te kry nadat die hoรซ hof in Mmabatho in Maart vanjaar geweier het om verlof tot appรจl in diรฉ saak toe te staan.

AfriForum het besluit om Doorewaard en Schutte se appรจlaansoek te befonds nadat Bonakele Pakisi, die enigste ooggetuie in die moordsaak, teenoor vier persone erken het hy het in die hof gelieg het. Hy het getuig dat hy gesien het hoe Doorewaard en Schutte diรฉ tiener vermoor.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is sy organisasie dankbaar dat die twee mans nou die geleentheid sal kry om te bewys dat die hoรซ hof in Mmabatho ernstig fouteer het deur sleutelgetuienis tot hul onskuld te ignoreer en op die storie van โ€™n leuenaar as enigste ooggetuie te steun.

Kriel het aangedui dat AfriForum ook die res van die twee mans se appรจlproses sal befonds om te verseker dat geregtigheid geskied en te verhoed dat onskuldige mense nie verkeerdelik in die tronk sit nie. โ€œEk is vol vertroue dat die twee mans se skuldigbevinding aan moord uiteindelik op grond van die beskikbare getuienis ter syde gestel sal word,โ€ sรช Kriel.

Dit is volgens Kriel belangrik dat mense wat leuens verkondig om rassespanning te skep en valslik โ€™n wolk van โ€œrassismeโ€ oor onskuldige mense se koppe te laat hang daarvoor verantwoordelik gehou moet word.

โ€œNet soos Doorewaard en Schutte se lewens deur leuens vernietig is, het ons ook weer in Schweizer-Reneke gesien hoe rasse-opstokers die bekwame onderwyseres Elana Barkhuizen se lewe op sy kop gekeer het deur hul leuens en wanvoorstellings. Die tyd het aangebreek dat leuenaars en rasse-opstokers se vernietigingswerk teengestaan word,โ€ sluit Kriel af.

Soortgelyke plasings