Ga-Segonyana-munisipaliteit moet gewilde toeristeaantreklikhede opknap en beveilig
AfriForum meen dat die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit veral moet aandag skenk aan die instandhouding van die elektrisiteitsnetwerk asook die herstel en beveiliging van belangrike toeristeaantreklikhede soos Die Oog en die Moffat-sendingstasie. Dรญt is van die aanbevelings wat die organisasie aan die munisipale bestuurder, Martin Tsatsimpe, gemaak het vir diรฉ munisipaliteit se 2025/2026 geรฏntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
Volgens Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoรถrdineerder vir die Karoo, beskou die organisasie dit as hul plig om van die kritieke probleemareas onder die munisipaliteit se aandag te bring ten einde die lewensgehalte en veiligheid van gemeenskapslede te verbeter.
Gemeenskappe in die Ga-Segonyana-munisipaliteit ervaar gereelde kragonderbrekings as gevolg van swak instandhoudingswerk. Die munisipaliteit behoort veral hieraan aandag te skenk aangesien die gevolge van swak infrastruktuur instandhouding reusagtige finansiรซle implikasies het vir die munisipaliteit en gemeenskapslede. Dit geld ook vir die instandhouding van paaie aangesien dit blyk dat slaggate die oorhand het en die munisipaliteit nie oor die wil beskik om padmerkers oor te verf en padtekens te vervang nie.
Kuruman beskik oor verskeie gewilde toeristeaantreklikhede, maar dit word nie voldoende onderhou of beveilig nie. AfriForum versoek dat die munisipaliteit voldoende fondse moet begroot om hierdie areas te beveilig en te onderhou โ veral Die Oog en die Moffat-sendingstasie.
Die vullisterrein in Kuruman voldoen voorts ook nie aan die vereistes vir โn gesonde vullisterrein nie en verg dringende ingryping.
Voorts versoek AfriForum ook dat daar fondse toegeken moet word aan die instandhouding van begraafplase, sportterreine en parke wat tans byna vervalle is.
Die organisasie lug ook verder die belangrikheid uit van beplanning ten opsigte van straatverkopers se verkoopsareas en munisipale beplanning rakende die uitbreiding van die informele nedersettings in die area. Voorts versoek AfriForum ook dat openbare ablusiegeriewe uitgebrei word en dat reeds bestaande geriewe beter onderhou moet word.
AfriForum doen โn beroep op die munisipaliteit om hierdie insette te oorweeg in die opstel van hulle GOP ten einde verandering en verbetering teweeg te bring.
โOns is bereid om verdere inligting, insluitend โn volledige ouditverslag van die huidige vullisterrein, aan die munisipaliteit te verskaf om oplossings te bekom. AfriForum waardeer die geleentheid om aan die openbare deelnameproses deel te neem en vertrou dat hierdie insette in ag geneem sal word tydens die samestelling van die finale plan,โ sluit Smit af.



