Jy kan eis dat die ANC vervolg word!
Die ANC móét vir hul terreurdade vervolg word.
Daar is duidelike bewyse van politieke inmenging binne die Nasionale Vervolgingsgesag om nie ANC-leiers te vervolg wat hul aan terreurmisdade skuldig gemaak het nie.
Dirk van Eck en sy familie het nooit geregtigheid gekry nie.
AfriForum vra waarom ANC-leiers nie vir húl terreurmisdade vervolg word nie.
AfriForum het Vrydag 10 Oktober ’n formele voorlegging by die Khampepe-ondersoekkommissie ingedien. Hierin versoek AfriForum die kommissie – wat ondersoek moet instel na waarom sommige misdade wat deur die Waarheid-en-versoeningskommissie geïdentifiseer is destyds nie vervolg is nie – óók ondersoek instel na die politieke inmenging wat daartoe gelei het dat senior ANC-leiers wat nie amnestie ontvang het nie, nie vir hul terreurdade tydens die apartheidsera vervolg is nie.
Volgens AfriForum verdien die families van die slagoffers van die ANC se landmyn- en bomaanvalle op burgerlikes (soos die Van Eck-familie) – nes die Cradock-4 – se families óók antwoorde. Die antwoorde sluit in waarom geen ANC-leier nog vir hierdie misdade vervolg is nie.
AfriForum se voorlegging aan die Khampepe-kommissie spruit daaruit voort dat die organisasies reeds in 2007 een van sy lede, Dirk van Eck, bygestaan het om geregtigheid te probeer kry vir sy vrou, Kobie, en twee van sy kinders, Nasie (2) en Nelmari (8). Sy vrou en kinders is in Desember 1985 in ’n ANC-landmyninsident vermoor. Van Eck self en sy 18 maande oue seun is ook in die ontploffing beseer. Die ANC-landmyn het ook drie ander onskuldige burgerlikes gedood: Marie de Nysschen en twee kinders, Kobus (3) en Carla (9). Die oorledenes het agter op ’n bakkie gestaan om wild te kyk. Die krag van die ontploffing was só groot dat geen oorskot van die tweejarige Nasie gevind kon word nie.
Sowat 700 burgerlikes is wreed in halsnoermoorde vermoor (waar ’n motorbuiteband vol brandstof om die slagoffer se nek geplaas word voordat dit aan die brand gesteek word). 400 mense is op ander wyses lewendig verbrand en 250 het in bomontploffings en skietvoorvalle gesterf wat deur die ANC en hul bondgenote uitgevoer is.



