Kuruman-tak, SAPD en ander staan saam om misdaad te bekamp ย
Die AfriForum-tak in Kuruman se brandbestrydingspan het op 22 Augustus hande met die Kuruman SAPD en distriksraad gevat om โn veld waar rowers en ander misdadigers gereeld wegkruip, te brand om sodoende misdaad in hierdie gebied te bekamp.
Verder het die AfriForum-buurtwag in diรฉ dorp in samewerking met die SAPD en ander sekuriteitsmaatskappye van 09:00 tot 14:00 โn patrollie gehou om die sigbaarheid van veiligheidstrukture in die omgewing te verhoog.
Een van die omliggende nedersettings se buurtwag het ook bystand gebied.
โOns is ernstig oor die bekamping van misdaad en die beveiliging van ons gemeenskap. Ons is ook baie dankbaar vir goeie samewerking om diรฉ gemeenskaplike doelwit te bereik,โ sรช Gerald Tonsieng, voorsitter van AfriForum se Kuruman-tak.







