|

“Lekke” korting vir AfriForum-lede op LekkeSlaap

Moet jy nog jou Desember-vakansie bespreek? Of beplan jy dalk reeds jou vakansies vir 2026? Is jy ’n aktiewe AfriForum-lid? Dan is daar goeie nuus, want jy kom hierdie maand in aanmerking vir R300-korting wanneer jy blyplek op LekkeSlaap.co.za bespreek.

Daar is ’n paar bepalings en voorwaardes om van dié korting gebruik te maak, maar dit is eintlik doodeenvoudig. Gaan loer in die inboks van die e-posadres waar jy e-posse van AfriForum ontvang – jou unieke kode behoort reeds daar vir jou te wag.

Hoe gemaak as jy nie ’n e-pos met die unieke kode ontvang het nie? Moenie bekommer nie,  want in só ’n geval sal jou unieke kode in Februarie 2026 per SMS aan jou gestuur word.

Daar is geen beperking op die datum van jou vakansie nie. Gebruik die kode dus vir ’n vakansie wat jy nou wil gaan hou of enige vakansie wat jy reeds êrens vir die toekoms beplan. Die November-kode verval wel aan die einde van hierdie maand en as die kode nie teen die vervaldatum aangewend word nie, sal dit ongelukkig verlore wees. Lede wat hul kode in Februarie 2026 ontvang, sal dit voor die einde van Februarie vir ’n bespreking moet aanwend.

Sommige huishoudings mag dalk meer as een aktiewe AfriForum-lid hê. Alle lede sal ’n kode ontvang en almal kan van hierdie spesiale aanbod gebruik maak, maar ongelukkig nie vir dieselfde bespreking nie. Die kode moet ten tye van die bespreking ingevoer word en sal nie terugwerkend aangewend kan word nie. Die kode is nie oordraagbaar nie en mag net gebruik word deur die persoon wat dié spesiale kode ontvang.

Verdere goeie nuus is dat LekkeSlaap Rewards-lede hul toepaslike Rewards-korting saam met die R300-korting kan gebruik. So of jy nou die bosveld of die see verkies, beplan aan jou volgende winter- of somervakansie, bespreek sommer nou op LekkeSlaap.co.za om vir dié R300-korting in aanmerking te kom.

Enige navrae kan deur LekkeSlaap se kliëntedienskanale gedoen word.

Soortgelyke plasings

Ons is Afrikaners