Mangaung-metro se vervreemding van eiendomme

AfriForum se Bloemfontein-tak het ’n petisie vir die inwoners van Mangaung van stapel gestuur om hulle te mobiliseer teen die beoogde vervreemding en verkoop van verskeie munisipale eiendomme, waaronder Tempe-lughawe en die Franklin-natuurreservaat op Naval Hill deel vorm.

“Hierdie eiendomme behoort aan die gemeenskap, nie aan die politieke elite wat dit agter geslote deure wil verhandel nie. Ons kan eenvoudig nie toelaat dat strategiese en historiese grondgebied, soos Tempe-lughawe en Naval Hill, sonder behoorlike openbare deelname en deursigtigheid vervreem word nie,” sê Groenewald.

AfriForum wys daarop dat hoewel die munisipaliteit slegs 14 projekte of “eiendomme” in sy openbare kennisgewing gelys het, die werklikheid is dat hierdie projekte saam 153 individuele erwe dek wat oor verskeie stadsdele en landelike gebiede versprei is. Hierdie grootmaatvervreemding het verreikende gevolge vir stedelike beplanning, omgewingsbewaring en openbare toegang tot strategiese grond.

AfriForum staan vas: Stop die vervreemding nou!

Teken die petisie

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf