|

NVG versoek om behoorlik aandag aan alle beweerde kindermishandelingsake te gee

AfriForum se privaatvervolgingseenheid bevraagteken die staat se oรซnskynlike versuim om die ernstige bewering dat prof. Pierre de Vos van die Universiteit van Kaapstad (UK) kinderpornografie op sosiale media versprei het, behoorlik te ondersoek. Die eenheid meen dit kan โ€™n geval van selektiewe vervolging wees en doen โ€™n beroep op die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) om sonder vrees, guns of vooroordeel op te tree.

โ€œDie NVG was so verblind deur die aansien van die verdagte dat dit moontlik die rede is hoekom misdrywe van hierdie ernstige aard misgekyk is,โ€ sรช adv. Gerrie Nel, hoof van die eenheid, in โ€™n brief aan die NVG. โ€œDie fokus bly die beskerming van kinders, maar sluit in die beskerming van die publiek teen die verspreiding van seksueel eksplisiete inhoud oor kinders.

โ€œOns kliรซnt is onwrikbaar in haar standpunt dat haar klagte gegrond is in die reg en as die klagte  behoorlik ondersoek word, dit die bewerings in haar beรซdigde verklaring, insluitend dat De Vos moontlik kinderpornografie besit en versprei het, staaf.โ€

Op 10 September 2022 het โ€™n plasing op De Vos se X-rekening โ€™n video bevat van, wat in die plasing beskryf is as โ€™n โ€œChinese maagd jong seunโ€ wat seksueel mishandel word deur โ€™n volwasse man. Kort daarna is die plasing van die rekening verwyder. Op 18 September 2022 het De Vos โ€™n plasing gemaak dat โ€™n kuberkraker toegang tot sy X-rekening verkry het en pornografie daarop gedeel het. Hy het bygevoeg dat dit duidelik is dat daar niks sal kom van enige kriminele klagte wat teen hom aanhangig gemaak word nie.

Op 21 September 2022 het die klaer, wat toe โ€™n verteenwoordiger van AfriForum Jeug was, bewerings van die oortreding van die Wet op Films en Publikasies by die Humewood-polisiestasie aangemeld. De Vos het op 28 September sy eie saak geopen waar hy beweer het dat โ€™n kuberkraker toegang tot sy sosiale media-rekening verkry het.

Deur โ€™n Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA)-aansoek het die privaatvervolgingseenheid die dossier bekom in die saak wat deur die AfriForum Jeug-verteenwoordiger aanhangig gemaak is. Dit het slegs twee verklarings bevat: een wat deur die klaer opgestel is om die saak te registreer, en nog โ€™n ongetekende elektroniese verklaring deur De Vos.

โ€œDis duidelik dat die SAPD en die NVG De Vos se ongetekende elektroniese beรซdigde verklaring aanvaar het as voldoende om nie net โ€™n dossier op sy klagte te registreer nie, maar om as weergawe te dien in die saak waarin hy as โ€™n verdagte geรฏdentifiseer is,โ€ sรช Nel. โ€œDit bly onverklaarbaar dat die SAPD en NVG โ€™n klaerverklaring uit een dossier sal aanvaar as voldoende om as โ€™n โ€˜waarskuwingsverklaringโ€™ in โ€™n ander te dien. Dit bevestig die vermoede dat De Vos spesiale behandeling ontvang het.โ€

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het die NVG verwys na een van sy eie verklarings waarin โ€™n aanklaer aangehaal word wat sรช โ€œdie misbruik van die internet om die mees kwesbares in die samelewing uit te buit kan nie onderskat word nie.โ€ Die NVG moet besef dat dit van toepassing is op alle sake wat die seksuele uitbuiting van kinders behels, insluitend diรฉ wat na bewering prominente akademici betrek.

Soortgelyke plasings