Organisasies en partye wil regering dwing om oor Bela-wet te besin
Terwyl 19 organisasies oor die naweek โn brief aan Angie Motshekga, minister van Basiese Onderwys, gestuur het om hul besware teen die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys (Bela-wet), te opper, is politieke partye ook daarteen gekant.
Die 19 organisasies beywer hulle vir die beskerming en voortbestaan van moedertaalonderrig en volhoubare Afrikaanse onderrig in openbare skole.
Leiers van die organisasies is dit eens dat indien die wysigingswetsontwerp aanvaar word, dit โn eensydige verbreking van die regering se grondwetlike skikking van 1994 sal wees. โDit sal neerkom op โn onherstelbare vertrouensbreuk tussen die Afrikaanse taalgemeenskap en die regering,โ sรช dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.
Ons gaan allesย in ons vermoรซย doen om te keer dat die ANC die problematieseย klousules deurdruk.
Leiers binne AfriForum het die verklaring onderteken omdat hulle glo dat om โn taal- en kultuurgemeenskap se kinders se skole te teiken een van die ergste dade van aggressie is wat โn regering kan pleeg.
Desiree van der Walt, die DA se skadu-adjunkminister van Basiese Onderwys, sรช die party ondersteun nie die wetsontwerp in sy geheel nie. โOns gaan allesย in ons vermoรซย doen om te keer dat die ANC die problematieseย klousules deurdruk. ย Klousules wat dringende aandag verg, is die instelling van verpligtende gr. R by skole, die registrasieproses van tuisonderrig en die sentralisering van onderrigmateriaal.

โProbleemklousules sluit in die toelatings- en taalbeleid. Ons glo hierdie mag moet by die skoolbeheerliggaam bly omdat hulle die beste geplaas is om โn toepaslike beleid te bepaal aangesien hulle die beste begrip het van wat hul gemeenskappe se behoeftes is. Die beroep om te kan appelleer, moet by die hoof van die departement en LUR berus soos tans die geval is.โ
Van der Walt meen die klousule oor โn skool se taalbeleid kan uitgebuit word om enkelmediumskole te dwing om hul beleid te verander. โDie praktiese toepassing om goedkeuring van die departementshoof vir alle skole se taalbeleid te kry, moet bevraagteken word. Ons staan hierdie klousule teen in die lig van ons doelwit om moedertaalonderrig te bevorder.โ
Die DA staan ook die klousules teen waar die minister die getal lede van โn skoolbeheerliggaam moet bepaal omdat dit op โn groter sentralisering van mag neerkom. Die party meen ook die 14 dae tydperk wat toegestaan is om appรจl by die onderwyshoof aan te teken teen die ontbinding van โn beheerliggaam is onrealisties en moet verleng word.
Wat die kwessie van verpligte gr. R betref, meen die DA dit moet as ontwikkelingshulpmiddel ondersteun word, maar finansiรซle ondersteuning, hulpbronne en die suksesvolle integrasie van diรฉ sektor is ononderhandelbaar.
Van der Walt sรช wat aanlynonderrig betref, meen die party die wetsontwerp mis โn gulde geleentheid om diรฉ onderrig doeltreffend te reguleer en druk op fisiese skoolopleiding te verlig.
Dr. Wynand Boshoff, VF Plus-LP en lid van die parlement se portefeuljekomitee oor hoรซronderwysonderrig, wetenskap en tegnologie, meen die Bela-wet het hoofsaaklik ten doel om die Suid-Afrikaanse Skolewet van 1996 te vervang. โDit bevat sekere vernuwings wat enigeen behoort te verwelkom, maar ook omstrede wysigings.โ

โHierdie wetsontwerp is in 2017 die eerste maal gepubliseer en het in daardie stadium deur al die wetlik vereiste raadplegingsprosesse gegaan. Aan die einde van 2021 is dit weer bekendgestel, nadat die terugvoer wat ontvang is, volgens die departement verwerk en sover moontlik ingesluit is. Met die voor-parlementรชre proses afgehandel, moes die wetsontwerp deur die portefeuljekomitee van die nasionale vergadering oorweeg word; na al die provinsiale wetgewers verwys word (omdat onderwys โn provinsiale bevoegdheid is); en daarna deur die Nasionale Raad van Provinsies goedgekeur word. As die president dit dan ondertekenteken, word dit wet.
โDie wetsontwerp is met soveel omstredenheid begroet, dat die portefeuljekomitee โn buitengewone besluit geneem het om self โn openbare deelnameproses te volg. Dit sou op 30 April gesluit het, maar daar is besluit om alle provinsies te besoek in โn program wat tot in Maart 2023 strek.โ
Boshoff sรช een van die besware is dat die wetsontwerp verouderd is nog voor dit aanvaar is. โDie wetsontwerp, net soos die Skolewet van 1996, erken slegs openbare skole, onafhanklike skole en tuisskole. Dรญt terwyl inligtingstegnologie sedert 1996 die onderwyslandskap onherroeplik verander het.โ
Hy verduidelik dat tuisskole soms mikroskole is met verskeie gesinne wat saamwerk. Volgens die wetsontwerp is dit โn onafhanklike skool en moet dit oor dieselfde kam as multimiljoenrand-onderwysondernemings geskeer word. โIntussen is verandering die enigste konstante in onderwys. Daar is reeds aanlynskole en diensverskaffers aan alle soorte skole; internasionale leerplanne wat met die nasionale kurrikulumverklaring meeding en selfs onderwysvorme waar leer die middelpunt is, sonder uitdruklike kurrikulumverklarings.
โOm die horlosie terug te draai na die netjiese driedeling van 1996 hou nie met die werklikheid rekening nie.โ
Boshoff sรช โn verdere beswaar is dat die staat onderwys volledig wil beheer. โMet die skikking van 1994 was onderwys โn brandpunt. Die Skolewet van 1996 was โn kompromie, waarvolgens die staat leerinhoud stewig in sy hande sou neem, maar die aard van elke skool sou deur die skoolbeheerliggaam bepaal word. Die veranderings in skole was dus in boeke, maar dit wat ouers en die res van die gemeenskap sien, het verbasend eenders gebly โ selfs tot vandag toe. Die beheerliggaam besluit oor toelatings- en godsdiensbeleid, taal van onderrig, skooldrag, gedragskode en vele meer. Dit het aansienlik bygedra om die oorgang van 1994 vir โn deel van die samelewing meer verteerbaar te maak.
โDie nuwe wetsontwerp neem bogenoemde bevoegdhede uit die hande van die beheerliggaam en gee dit aan die provinsiale onderwysdepartement. Dit is โn wesenlike verbreking van die skikking van 1994 โ en een wat duidelik voelbaar en sigbaar gaan wees. Vir onderwys is dit wat onteiening sonder vergoeding vir grondbesit is.โ
Boshoff meen die Bela-wet kan nie โreggestelโ word nie, dit moet heeltemal oorgeskryf word!



