Saai wil help met sekerheid rondom vrot administrasie van grondeise
Die regering se vrot administrasie rondom grondeise veroorsaak enorme onsekerheid in die landbousektor en duisende grondtransaksies, finansieringsaansoeke en ontwikkelingsplanne om uit te brei is al hierdeur gekelder.
Dit is om hierdie rede dat die familieorganisasie Saai vandag die grootste digitale grondeisedatabasis in Pretoria bekendgestel het.
âOns wil boere en grondeienaars help om sekerheid rondom grondeise te kry wat dikwels soos ân swaard bo hul koppe hang,â sĂȘ dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai.
Die databasis, wat gratis beskikbaar is by http://bit.ly/grondeis, maak dit vir gebruikers moontlik om vir die eerste keer hul grondeisstatus self te kan bepaal in ân paar sekondes. Die databasis bestaan uit alle Staatskoerante vanaf 1998 tot op hede wat enige gepubliseerde beweerde grondeise bevat soos voorgeskryf deur artikel 11(1) van die Wet op die Herstel van Grondregte 22 van 1994. Benewens die feit dat gebruikers toegang het tot die inligting oor gepubliseerde grondeise, word ân versoek ook outomaties gestuur aan die betrokke grondeisekommissaris om vas te stel of daar ân eis op die gebruiker se grond is wat nog nie gepubliseer is nie.
De Jager sĂȘ die databasis is nodig omdat die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling op herhaalde versoeke geen aanduiding kon gee presies hoeveel grondeisaansoeke daar al was nie, hoeveel verwerk is of in die proses is om verwerk te word nie.


Saai het ook ân Paia-aansoek gebring om die inligting te bekom wat die departement as âmoeisaamâ beskryf het. Saai het toe ân hofbevel gekry wat die departement dwing om die inligting bekend te maak. Dit is ook nie nagekom nie en ân minagtingsaansoek gaan teen minister Thoko Didiza gebring word.
Met verwysing na die onsekerheid en onduidelikheid wat daar oor grondeise is, het De Jager gesĂȘ daar was volgens die departement in 2000 nagenoeg 63 000 eise. Dit beteken nie soveel nie plase. Een eis (die Makgoba-eis) in die Tzaneen-omgewing raak letterlik 775 plase. âDie eise dek massiewe gedeeltes van die land,â sĂȘ De Jager.
Luidens mediaberigte het die minister onlangs in die parlement geantwoord dat net 10% van die grondeise wat wel afgehandel is, afgehandel is deurdat die grond aangekoop en aan die grondeisers oorhandig is. 90% van afgehandelde gevalle is geskik deur finansiĂ«le kompensasie. âWanneer ân eis geskik word deur finansiĂ«le kompensasie is daar niemand wat vrae vra nie. Niemand vra oor die geldigheid daarvan nie. In goeie Afrikaans kan gesĂȘ word dit het ân lekker melkkoei geword vir groot somme geld wat na politieke steunbasisse toe gaan.â

Volgens De Jager was hy sedert 2002 deur georganiseerde landbou intiem betrokke by hierdie prosesse en by minstens 12 geleenthede het hy die minister gevra om vir hulle die lys te gee. âDie lys oor eise wat ontvang is, die wat afgehandel is, die wat aan die vier kriteria van ân grondeis voldoen, die wat in die Staatskoerant gepubliseer is en die wat nog nie afgehandel is nie. Tot vandag toe het ons nog nie so ân lys gekry nie.â
De Jager sĂȘ onsekerheid oor of daar ân grondeis op ân boer se plaas is, plaas die boer in ân onhoudbare situasie. Geen boer met sĂł ân swaard bo sy kop sal spandeer of verder in sy boerdery belĂȘ nie. âOnsekerheid oor grondeise het ontwrigting in die land gebring soos laas tydens die Anglo-Boereoorlog.â
Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, sĂȘ die organisasie stel die databasis aan die breĂ« publiek bekend omdat dit in openbare belang is. Saai sal boere ook bystaan en ondersteun wat hulle nader oor grondeise.
Die verwagting is dat die kwessie van grondeise en radikale grondhervorming ook vandeesweek tydens die ANC se beleidskonferensie weer op die kaarte sal wees. Veral in die lig van die onteieningsmosie wat in die parlement gesneuwel het, die Landbank se optrede teen sy krediteure en die ANC se populistiese toesprake die afgelope tyd voor gehore regoor die land.



