Wonderfontein-ontwikkeling:
Maak kapsie teen die ontwikkeling en laat jou stem hoor. Deur die aangehegte skakel in te vul, stuur jy outomaties ’n brief aan die:
- Die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling
- Munisipaliteit
- Departement van Menslike Nedersettings
Woonbuurte wat negatief geraak gaan word deur die ontwikkeling is:
- Sasolburg
- Vaalpark
- Vanderbijlpark SW5 Proper
- Alle eiendomme en komplekse langs die rivier
- Ondernemings langs die Vaalrivier
Beskerm jou omgewing en gemeenskap deur nee te sê vir die ontwikkeling.
Die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling in Suid-Afrika het toestemming gegee aan die Metsimaholo Munisipaliteit en Departement van Menslike Nedersetting om voort te gaan met die Wonderfontein-ontwikkeling sonder enige gronde vir sy besluit. Die ontwikkeling moet voldoen aan sekere vereistes soos uiteengesit deur die munisipaliteit se Tribunaal, maar ten spyte van die vyf-jaar-tydperk kon hul steeds niks van daardie vereistes nakom nie. AfriForum vat die minister hof toe oor die roekelose besluit om die ontwikkeling te laat voortgaan en dit is nou jou kans om ook kapsie te maak teen die besluit.
Vul jou besonderhede in en stuur outomaties ’n brief aan die minister om jou ontevredenheid uit te spreek en die ontwikkeling teen te staan.



