Springbok-tak skenk nog brandstof vir bestryding van sprinkaanplaag in Noord-Kaap
Die AfriForum-tak in Springbok het in Junie die boere van die Boesmanland, wat die erge sprinkaanplaag probeer bestry, bygestaan met โn skenking van 480 liter brandstof.
Volgens Sarel Stone, voorsitter van AfriForum se Springbok-tak, is die plase in die omgewing baie ver uitmekaar en boere ry op eie onkoste met hul bakkies om die plaag te bestry. โDie afgelope agt tot 12 jaar was daar erge droogte in die Boesmanland. Nou dat dit begin reรซn het en die gras weer groei, het baie swerms sprinkane uitgebroei wat die boere se broodnodige nuwe weiding opgevreet het.โ
Party van die swerms was tot 12 km by 3 km groot en die sprinkane het nie net in die Noord-Kaap voorgekom nie. Alhoewel die staat gesรช het hulle sal help, het die boere in die Springbok-omgewing nog weinig hulp ontvang.
โDit is baie belangrik om saam te staan wanneer โn plaag soos diรฉ in Suid-Afrika uitbreek,โ sรช Werner Strauss, AfriForum se distrikskoรถrdineerder vir die Kalahari.
Die Springbok-tak het tydens Junie ook vitamiene aan 70 bejaardes in die ouetehuis in hierdie dorp geskenk. Die skenking behels โn daaglikse dosis vitamiene vir drie maande.
Maak vandag nog โn verskil in jou gemeenskap en raak betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak: SMS jou naam na 45350 (R1).






