|

Straatname nou weer duidelik ná Jeug-tak se projek

Die AfriForum-tak in Brits se jeug het hul straatnaam-verfprojek voltooi. Met hierdie projek het die jeug gesorg dat die straatname weer duidelik sigbaar is en sodoende help om noodreaksie te versnel en besoekers te help om hulself te orienteer in die dorp.

Die volgende strate spog nou met nuut-geverfde name: Kiaat-, Sekelbos-, Knoppiesdoring-, Wildevy-, Olienhout-, Boekenhout- en Carel de Wet-straat.

“Ons jeug kies praktiese oplossings wat werklik ’n verskil maak. Duidelike straatname verkort reaksietye in noodgevalle en maak dit vir inwoners asook besoekers makliker om hul weg deur die dorp te vind. Daar is nog straatname wat geïdentifiseer is wat in die toekoms ook oorgeverf sal word,” sê JC Naude, leier van Brits se Jeug-tak.

Die Brits-tak het ook op 24 September ’n braai gehou om dankie te sê aan al die rolspelers wat deur die jaar gehelp het om ’n verskil te maak. Verskeie sekuriteitsmaatskappye en lede van die plaaslike Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het hierdie geleentheid bygewoon.

“Elkeen van hierdie rolspelers is werklik staatmakers in die gemeenskap en ons waardeer hulle vriendelikheid en behulpsaamheid,” sê Stephan Roos, voorsitter van die AfriForum-tak in Brits.

Die tak bedank ook graag KIA Brits en Deon’s Slaghuis wat gehelp het om hierdie geleentheid ’n sukses te maak.

Besoek www.wordlid.co.za om by jou naaste tak aan te sluit en sodoende ’n verskil in jou gemeenskap te help maak. Kontak vir Stephan Roos by 073 188 3223 om by die buurtwag betrokke te raak.

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf