TAKSUKSESSE: AUGUSTUS 2025

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Helderbergkom

  • Die Gordonsbaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het aalwyne by die Twin Palms-strand en die Youth Crescent-park in Gordonsbaai geplant om hierdie areas te verfraai.
  • Die tak het gehelp om slaggate in Gordonsbaai op te vul.
  • Die tak is genooi om saam met die SAPD, verskeie buurtwagte en ander veiligheidsrolspelers ’n spesiale patrollie in Somerset-Wes by te woon. Een suksesvolle inhegtenisname is uitgevoer.
  • Die Helderbergkom-buurtwag het ’n massapatrollie gehou in samewerking met die Gordonsbaai SAPD, die Gordonsbaai-buurtwag, SLP Farm Watch, BG Security, Fidelity ADT, Night Guard Security en Vetus Schola Protection Services om hoë sigbaarheid te handhaaf. Twee suksesvolle inhegtenisnames is uitgevoer.
  • Die tak het ondersteuning gebied tydens die Interskole-sportbyeenkoms wat by die Laerskool Gordonsbaai gehou is.
  • Dié tak en die Strand-tak het ’n klagte deur Airbnb-skoonmakers suksesvol hanteer nadat hulle op bloed, ’n wapen en dwelms afgekom het. Die SAPD is gevolglik ontbied.
  • Die tak het deelgeneem aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Overstrand

  • Die Alfa-, Pearly Beach- en Franskraal-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. Geen ernstige insidente is tydens die patrollies aangemeld nie.
  • Die Alfa-buurtwag het met behulp van hul hommeltuig ’n verdagte in Vermont aangekeer wat tussen bosse weggekruip het. Die verdagte is kort daarna in hegtenis geneem nadat huisbraakgereedskap in sy besit gevind is.
  • Die Alfa-buurtwag het met behulp van NAVIC-kameras ’n gesteelde motor opgespoor.
  • Alfa-buurtwaglede het perlemoenstropers in Vermont vasgetrek danksy ’n derde party.

Paarl

  • Die tak het ’n suksesvolle skietdag vir protospanlede gehou tydens ’n opleidingsessie.
  • Die tak se jeugvleuel het noodhulp verskaf tydens die skietdag.
  • Die tak het hul blou-en-groendruppeltoetse suksesvol saam met die Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit uitgevoer.

Stellenbosch

  • Die Stellenbosch-buurtwag en Groot Drakenstein-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak se jeugvleuel is 100 nuwe lede ryker.

Strand

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Theewaterskloof

  • Die tak het repliek ontvang op hul PAIA-aansoek wat duidelik bewys lewer dat die nuwe rioolaanleg onwettig is. ’n Drukgroep beplan gevolglik om strafregtelike klagtes in September teen die Theewaterskloof Plaaslike Munisipaliteit aanhangig te maak.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Cederberg

  • Die tak het elke Maandag ’n skoonmaakprojek langs die kuslyn van Lambertsbaai (wat sowat 2 km strek, vanaf die visfabriek tot by die kampterrein) gehou. Tydens hierdie projek word alle vullis wat oor die naweek op die strand gelos is of uitgespoel het, opgetel en verwyder.
  • Taklede het weekliks ’n skoonmaakprojek by al die piekniekplekke in Lambertsbaai gehou sodat dit skoon en netjies vir toeriste en vakansiegangers is.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Durbanville

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery – veral in die sentrale sakekern – om hul gemeenskap te beveilig. ’n Totaal van 24 patrollies is in 106 manure afgelê.
  • Die buurtwag se protospan het in samewerking met die SAPD aan ’n operasie deelgeneem wat op dwelmhuise in die omliggende gebiede gefokus het.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Bellville-buurtwaglede (86 lede) het saam met die SAPD (12 lede) aan ’n hoësigbaarheidsoperasie deelgeneem.
  • Agt lede van die tak is opgelei as spanleiers van hul onderskeie inligtingspanne.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Kraaifontein

  • Taklede het aan ’n opruim-en-skoonmaakprojek deelgeneem waartydens hulle parke skoongemaak en gras gesny het. Die twee parke, asook die ingange daarvan word tweeweekliks in stand gehou.
  • Die Sektor 4B-buurtwag het saam met die SAPD en wetstoepassingsbeamptes deurlopend patrollies gery waartydens talle suksesse behaal is.  
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Malmesbury

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Vredendal

  • Verskeie plaas- en buurtwagte in die Vredendal-gebied – waaronder De Draai, Draaihoek, Holrivier, Klawer, Kleinrivier, Koekenaap, Lutzville, Nuwerus, Spruitdrif, Trawal, Vanrhynsdorp, asook Lutzville en Vredendal – het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die SAPD danksy die tak se kamerastelsel ’n gekaapte vragmotor én gesteelde kontant opgespoor en herwin.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Weskus

  • Die Hopefield-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het sy veiligheidstrukture uitgebrei en die nuwe Hartbeesfontein-plaaswag gestig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het ’n suksesvolle VOLK-opleidingsdag gehou waartydens sy lede opgelei is in basiese vlak 1-buurtwagopleiding.

George

  • Die Geelhoutboom-, Herold- en Kammanassie-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag en die Victoriabaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Die tak het sy hommeltuig ingespan om ’n verkenningsoperasie van onwettige wonings namens die George Plaaslike Munisipaliteit te doen.
  • Taklede het die SAPD ondersteun tydens die soektog na ’n voertuig wat in ’n gewapende rooftog gebruik is.
  • Die tak het sy hommeltuig ook gebruik om inbrekers vas te trek wat skootrekenaars gesteel het.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Riversdal-buurtwaglede het aan ’n massapatrollie deelgeneem om bewusmaking in Riversdal te skep.
  • Die Riversdal-buurtwag het lugsteun verleen tydens ’n SAPD-Cape Nature-simulasie in Riversdal.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n skoonmaakprojek in Albertinia gehou.

Kaap Agulhas

  • Die Struisbaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Struisbaai-buurtwaglede het gehelp om vyf verdagtes aan te keer wat by ’n gewapende rooftog betrokke was.
  • Die Struisbaai-buurtwag het gehelp om ’n verdagte voertuig op te spoor wat uiteindelik ook tot ’n inhegtenisname gelei het.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Knysna

  • Taklede het voortgegaan met die derde fase van hul deurlopende padherstelprojek langs die N2-snelweg, met ’n spesifieke fokus op die padreling.
  • Die tak het deurlopend die badkamers by die Sedgefield-meer onderhou.
  • Taklede het 7,5 ton teer gebruik om reuseslaggate by ’n kruising in Sedgefield op te vul.
  • Die buurtwag het vlak 1-opleiding in regsaspekte, toneelhantering, patrollies, grondgrype en ongelukstoneelhantering ontvang.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse  nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana-, Groot Brak-, Midbrak- en Danabaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het die Luscombe- en Middelstraat-park gereeld onderhou.
  • Die tak het ’n beswaarskrif ingedien teen die Oudtshoorn Plaaslike Munisipaliteit se voorneme om alle openbare ruimtes in die dorp te verkoop.
  • Die tak het ’n petisie geloods teen die verkoop van die parke.
  • Die tak het ’n tafel-en-bankies-stel by Luscombe-park aangebring wat deur die gemeenskap aan hulle geskenk is.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het ’n Sakenetwerk-loodsvergadering gehou.

Langeberg

  • Die Ashton-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Swellendam

  • Die Swellendam- en Barrydale-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Swellendam-buurtwag het in samewerking met die SAPD ’n operasie in ’n informele nedersetting gehou.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Swellendam Plaaslike Munisipaliteit gestuur rakende R100 000 wat vir sekuriteitskameras in Malgas en Infanta bewillig is.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het sy lede vir opleiding in Oos-Londen gestuur.

Cradock

  • Taklede het 15 straatligte vervang, asook talle straatname oorgeverf.
  • Die tak het drie van sy lede vir protospanopleiding in Uitenhage gestuur.
  • Die tak het sy eie buurtwag op die been gebring.
  • Die tak het tydens ’n vergadering alle vakante poste binne die takstrukture gevul.

Jeffreysbaai

  • Die tak het twee van sy lede vir opleiding in Uitenhage gestuur. Hulle het ’n VOLK-, VOLK-skiet- en protospankursus suksesvol voltooi.
  • Die tak het die tweede fase van sy veiligheidskameraprojek afgesluit waartydens ’n addisionele 30 kameras in die dorp aangebring is.
  • Die tak het verskeie vergaderings met rolspelers in die veiligheidsektor gehou om verhoudings te bou met die oog op toekomstige operasies.

Oos-Londen

  • Ses lede van die Eco Scorpions het aan die protospanopleiding in Uitenhage deelgeneem.

Port Elizabeth

  • Die Springfield-buurtwag het die afgelope paar maande suksesvol onder die Broadwood-buurtwag ingeskakel. Die Springfield-buurtwag kon egter onlangs afstig as hul eie buurtwag onder leiding van Dennis Basson.
  • Die tak het ’n uiters suksesvolle ontbytgeselligheid saam met Helpende Hand aangebied. Die gassprekers was adv. Gerrie Nel en Hannes Noëth.
  • Dirk Burger, voorsitter van die Port Elizabeth-tak, het met die Nebula-groep, wat moontlik deure kan oopmaak vir toekomstige opleiding, vergader.
  • Die tak het gasheer gespeel vir die volgende kursusse: VOLK-opleiding, VOLK-skietopleiding, operasionele vaardighede en protospanopleiding.
  • Die Broadwood-buurtwag is in kennis gestel van ’n verdagte wat by ’n verkeerslig probeer het om ’n voertuig se deur oop te maak. Die buurtwag het gevolglik spoedig gereageer en die persoon in hegtenis geneem, waarna die SAPD ook gekontak is.
  • Die Broadwood-buurtwag is ontbied na ’n veldbrand in hul area. Buurtwaglede het die brand onder beheer gebring en die brandweer ontbied. ’n Verdagte is ook in hegtenis geneem vir brandstigting.
  • Broadwood-buurtwaglede het gereageer ná gerugte van ’n ontvoering in hul omgewing. Hulle het saam met die plaaslike GPF gewerk en die omliggende buurte gefynkam.
  • Die Broadwood-buurtwag het ’n groot rol gespeel in die aankeer van ’n berugte huisbraaksindikaat. Die sindikaat was betrokke by inbrake in veral Broadwood en Charlo, asook in Uitenhage.

Uitenhage

  • Die Mosel-buurtwag en Winterberg-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Mosel-buurtwag en Winterberg-plaaswag het op twee geleenthede bymekaargekom om maniere te vind om nouer saam te werk.
  • Mosel-buurtwaglede het drie keer gereageer op oproepe van kabeldiefstal. In al drie gevalle het hulle ook die skuldiges aangekeer.
  • Die Mosel-buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel. Buurtwaglede het die toneel beveilig, nooddienste ontbied en die verkeer gereguleer.
  • Die Mosel-buurtwag het twee inhegtenisnames uitgevoer. Die eerste was in Vanes (’n buurt langs Mosel) vir onregmatige betreding en die tweede was in Mosel vir koperpypdiefstal. Die verdagtes is in albei gevalle aan die SAPD oorhandig.
  • Mosel-buurtwaglede het ’n beseerde voetganger ondersteun deur hom te stabiliseer nadat ’n voertuig hom raakgery het.
  • Die Mosel-buurtwag het gereageer op ’n klagte van huishoudelike geweld. Buurtwaglede het die situasie onder beheer gebring totdat die SAPD op die toneel opgedaag het. Een persoon is uiteindelik in hegtenis geneem.
  • Mosel-buurtwaglede het die verkeer gereguleer ná ’n motorongeluk in Gibsonstraat.
  • Die Mosel-buurtwag het aan ’n massapatrollie deelgeneem wat ten doel gehad het om kabeldiewe vas te trek.
  • Die Mosel-buurtwag en Winterberg-plaaswag het van hul lede gestuur vir kursusse in VOLK-opleiding, VOLK-skietopleiding, operasionele vaardighede en protospanopleiding.

GAUTENG

GROTER PRETORIA-NOORD

Noord van die berg

  • Die tak se buurtspan het 922 swartsakke vullis opgetel.
  • Buurtspanlede het 89 vragte vullis weggery.
  • Die tak se buurtspan het gehelp om twee feeste in die omgewing te organiseer.
  • Buurtspanlede het vier persele skoongemaak.
  • Die tak se buurtspan het gras gesny en bome gesnoei.
  • Buurtspanlede het skoonmaakaksies rondom verskeie paaie gehou.  

Groter Moot

  • Die tak se buurtspan het altesaam 80 manure met kettingsae in die hand spandeer.
  • Buurtspanlede het altesaam 95 manure met bossiekappers in die hand spandeer.
  • Die tak se buurtspan het altesaam 12 slaggate opgevul.
  • Buurtspanlede het altesaam 1,4 ha gras gesny.
  • Die tak se buurtspan het oorgroeide bosse, laaghangende takke en indringerbome naby die spruite gesnoei en verwyder.
  • Buurtspanlede het drie vragte stompe weggery.

Wes-Moot

  • Die buurtwag het in samewerking met AfriForum se Noord van die berg-buurtwag skoolkinders in busse begelei vanaf die Staatsteater tot by die R80.
  • Buurtwaglede het kameras in Mountain View opgerig.
  • Die buurtwag het gehelp met die bestryding van 13 veldbrande.
  • Buurtwaglede het saam met die SAPD, die Tshwane-metropolisie, sekuriteitsmaatskappye en die Gauteng Crime Prevention Wardens gewerk om die Tuine-Grizzlies Rugbyklub te patrolleer en te beveilig toe die Blou Bulle teen Griekwas in die Curriebeker-kompetisie gespeel het.

GROTER PRETORIA-SUID

Centurion  

  • Die tak se buurtspan het 125 199 m² gras gesny. 
  • Die tak se buurtspan het 7 060 kg gras en vullis verwyder tydens verskeie skoonmaakprojekte. 
  • Die tak se buurtspan het 2 000 kg boomtakke opgesnipper.
  • Die tak se buurtspan het drie bome wat omgeval het opgesaag en verwyder.
  • Die tak se buurtspan het 477 groot herwinningsakke sorteer. 
  • Die tak se buurtspan het 12 312 kg herwinningsmateriaal opgetel. 
  • Buurtwaglede het aan nege operasies deelgeneem. 
  • Buurtwaglede het 163 patrollies gery waartydens 5 831 km in 411 manure afgelê is.  
  • Buurtwaglede het verskeie brande in Gerhardsville, Hennopsrivier en Hills and Dales geblus.

Pionier  

  • Die buurtwag het sy mobiele kameranetwerk na vyf boskameras uitgebrei wat voetgangerspaaie in groenstroke sal dophou.

Pretoria-Wes

  • Die buurtwag het verskeie brande in die Schurveberg-area help blus.
  • Buurtwaglede het die SAPD en die Tshwane-metropolisie ondersteun tydens ’n operasie wat behels het om onwettige besetters van munisipale grond langs Transoranjeweg en Vom Hagenstraat te verwyder.

Garsfontein 

  • AfriForum se Pretoria-aksiespan het 2 550 kg teer vir die opvul van slaggate gebruik.
  • AfriForum se Pretoria-aksiespan het 136 liter padverf vir die verf van padmerkers gebruik.

OOS-RAND

Alberton

  • Taklede het opleiding in die bestryding van veldbrande ontvang.
  • Die tak het in samewerking met sekuriteitsmaatskappye en die brandweerdiens brande geblus naby die Golden City-skietbaan.
  • Die tak het ’n samewerkingsooreenkoms met Hi Zone Sekuriteit en FSD Protection gesluit.
  • Taklede het ’n skoonmaakprojek in die dorp van stapel gestuur. ’n Totaal van 486 m² gras is gesny en 250 kg vullis is verwyder.
  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek in Steenbokweg, Verwoerdpark aangepak. 475 kg teer is gebruik om 17 slaggate op te vul en 18,2 m² van die padoppervlak te herstel.

Brakpan

  • Taklede het opleiding in die bestryding van veldbrande ontvang.
    • Die tak het ’n opleidingsdag saam met wetstoepassers gereël waartydens hulle die gemeenskap oor verskeie veiligheidsaspekte ingelig het.
    • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Benoni

  • Die buurtwag het 1 386 km in 302 manure afgelê om hul gemeenskap te beveilig.
    • Die tak se Syntell-projek het 7 025 183 lesings deur die loop van die maand geneem.
    • Taklede het saam met Clean Projects ’n skoonmaakprojek by die Bunyan-brug geloods.
    • Die tak het drie vullisdromme in die dorp aangebring op versoek van die gemeenskap.
    • Taklede het opleiding in die bestryding van veldbrande ontvang.
    • Die tak het saam met Homestead Helpers ’n skoonmaakprojek by die Homesteaddam gehou.

Edenvale

  • Taklede het opleiding in die bestryding van veldbrande ontvang.
  • Die tak het ’n instandhoudingsprojek naby Linda’s Corner op die hoek van Andries Pretorius- en Terraceweg in Eastleigh gehou waartydens onkruid verwyder is.
  • Taklede het herstelwerk aan ’n stormwaterdrein naby die Fahrenheit Restaurant in Eastleigh gedoen.
  • Die tak het nóg ’n stormwaterdrein naby die Hope City Church in Harrislaan in Edenglen herstel. Taklede het daarin geslaag om die drein skoon te maak, die sementplate weer gelyk te lê en die drein te stabiliseer.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het ondersteuning gebied tydens die blus van ’n huisbrand.

Germiston

  • Taklede het opleiding in die bestryding van veldbrande ontvang.
    • Taklede het tydens ’n spesiale operasie saam met die SAPD op onwettige drankwinkels in Elsburg en Tedstoneville toegeslaan en alkohol en dwelms gekonfiskeer. Verskeie inhegtenisnames is ook daarna uitgevoer.
    • Die buurtwag het ’n sigbaarheidspatrollie saam met die SAPD Primrose uitgevoer en lede van die publiek ondersteun by die plaaslike SASSA-kantoor nadat bejaardes flou geword het omdat hulle so lank in die ry in die son moes staan.
    • Buurtwaglede het ’n aanlyn sessie oor gebeurlikheidsplanne bygewoon.
    • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel op die N17-snelweg deur verkeerbeheer toe te pas.
    • Buurtwaglede het opleiding ontvang oor hoe om op ’n ongelukstoneel op te tree.
    • Buurtwaglede het ’n aanlyn sessie oor onregmatige besetting bygewoon.
    • Buurtwaglede het opleiding ontvang oor hoe om op ’n misdaadtoneel op te tree.
    • Die buurtwag het ’n patrollie gehou om ’n onwettige grondgrypvoorval te monitor.
    • Buurtwaglede het met SWS Sekuriteit vergader om misdaad in Elsburg en omliggende areas te help bekamp.
    • Buurtwaglede het aanlyn opleiding ontvang oor hoe om op ’n kaping te reageer.

Kempton Park

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek by die Zuurfontein-begraafplaas gehou. Hierdie aksie het ook mediadekking in die Kempton Express ontvang.
  • Taklede het op drie afsonderlike geleenthede ondersteuning gebied tydens traumaverwante voorvalle.
  • Die tak het toegangsbeheer gebied by die Zuurfontein-begraafplaas.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied ná ’n voertuigkaping.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.

Springs

  • Taklede het gehelp om ’n veldbrand in die Strubenvale-area te bestry.
    • Die tak het R10 000 aan die Hoërskool Hugenote geskenk.
    • Die buurtwag het nagenoeg 2 000 km in 180 manure afgelê om hul gemeenskap te beveilig.

Boksburg

  • Die tak het sy slaggatherstelprojek in Northernweg van stapel gestuur en reeds ’n gedeelte van die pad herstel.

MPUMALANGA

HOËVELD

Bethal

  • AfriForum se noodwaterpunte by die Gereformeerde Kerk en die Afrikaanse Christelike Kerk is deur inwoners gebruik tydens wateronderbrekings in die dorp.
  • Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp leeggemaak.
  • Taklede het skoonmaakprojekte op verskeie plekke in die dorp van stapel gestuur. Dit vorm deel van die Bethal Trots-inisiatief wat deur AfriForum geloods is.
  • Die tak het voortgegaan met sy regstryd om voldoende watervoorsiening vir Bethal se inwoners te verseker, hoewel daar tans weer water in die dorp is.

TEKS (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die tak se buurtspan het nagenoeg 15 800 m² skoongemaak waartydens 13 vragte vullis verwyder is. Dit sluit die volgende areas in:
    • Davieshof-sentrum
    • Secunda-polisiestasie
  • Die tak het tot dusver vanjaar al 241 000 m² se skoonmaakprojekte aangepak.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Delmas

  • Die Delmas Valke-buurtwag het drie verdagtes vir verskeie voorvalle in hegtenis geneem.
  • Delmas Valke-buurtwaglede het ’n strategiese beplanningsessie saam met verskeie rolspelers bygewoon om die jongste misdaadneigings te bepaal.
  • Die Delmas Valke-buurtwag het ’n operasie saam met ander veiligheidsrolspelers op die N12-snelweg geloods om kapings en ysterpenlokvalle hok te slaan. Twaalf hommeltuie is ook tydens die operasie ontplooi.
  • Die Delmas Valke-buurtwag se mediese span het ondersteuning gebied by agt voorvalle totdat nooddienste oorgeneem het.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Ermelo en Chrissiesmeer

  • Taklede het 54 sakke vullis uit die AfriForum-vullisdromme verwyder. ’n Totaal van 310 sakke is tot dusver vanjaar al verwyder.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Standerton

  • Die buurtwag het verskeie patrollies en sigbaarheidsinisiatiewe saam met Kasselman Sekuriteitsdienste aangepak.
  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van drie brande.
  • Die tak het voorbereidingswerk by die dorp se skougronde voortgesit vir die opkomende Standerton Landbouskou.Taklede het onder meer 220 perdestalle skoongemaak.
  • Taklede het bome gesnoei by die Standerton Hospitaal.
  • Die tak het gehelp om ’n waterlek te herstel.
  • Taklede het in samewerking met Standerton Spar en die Lekwa Clean Up Crew 80 sakke teer gebruik om slaggate op te vul.
  • Die tak het 120 sakke teer gebruik om slaggate rondom die Standerton-ouetehuis op te vul.
  • Taklede het meer as 7 000 liter water vir die plaaslike hondeherberg aangery.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Middelburg

  • Die MidWit-buurtspan het sewe spoedhobbels en drie voetoorgange in die dorp oorgeverf.
  • MidWit-buurtspanlede het 72 sakke teer gebruik om verskeie slaggate in die dorp op te vul.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Witbank

  • Die MidWit-buurtspan het drie spoedhobbels in die dorp oorgeverf.
  • MidWit-buurtspanlede het 156 sakke teer gebruik om verskeie slaggate in die dorp op te vul.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Piet Retief

  • Die buurtwag het twee baanoffisiere opgelei om die buurtwag te help met opleidings.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek.
  • Buurtwaglede het ’n massapatrollie gehou om hul gemeenskap te beveilig.

LAEVELD

Nelspruit

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n nuwe buurtspan op die been gebring.
  • Die tak se buurtspan het 15 ton vullis uit parkeerterreine en groenstroke verwyder.
  • Die tak se buurtspan het die volgende strate se sypaadjies skoongemaak: Ehmke-, Belladonna- en Ferreirastraat, asook Dr. Enos Mabuzarylaan en Koraalboomlaan.
  • Taklede het weekliks ses asblikke in Melkweg- en Enterprisepark leeggemaak.
  • Die tak se LPR-kameras het veiligheidsrolspelers gehelp om gesteelde voertuie op verskeie punte te identifiseer.
  • Die buurtwag het op twee ongelukstonele ondersteuning gebied deur die tonele te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.  
  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van ses verskillende veldbrande in die omgewing.

Lydenburg

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van ’n veldbrand in die omgewing.

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte het nagenoeg 8 000 liter water aan die dorp se inwoners voorsien tydens watertekorte.
  • Taklede het in samewerking met die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit tien asblikke leeggemaak.
  • Die tak het druk op die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit geplaas deur te verseker dat herstelwerk op rioolpompstasies gedoen word soos uiteengesit in ’n hofbevel wat AfriForum teen die munisipaliteit verkry het.

Machadodorp

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak se noodwaterpunte is deur die dorp se inwoners gebruik tydens watertekorte.
  • Die tak se noodwaterpunte het nagenoeg 5 000 liter water aan die dorp se inwoners voorsien tydens watertekorte.
  • Die tak se nuwe noodwaterpunt het die dorp se brandbestrydingsvermoë aansienlik verbeter soos ervaar tydens die bestryding van ’n veldbrand op Slagthoekweg.
  • Die tak het ’n nuwe brandkraan by sy noodwaterpunt aangebring.

Witrivier

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van ’n brand naby die Witrivier Rugbyklub.

LIMPOPO

Naboomspruit    

  • Die tak het druk op die Modimolle-Mookgophong Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen om oplossings vir die waterprobleme in die dorp te vind.

Warmbad

  • Die tak het Apiesdoringpark skoongemaak.
  • Taklede het kragbokse in die dorp oorgeverf sodat dit netjies vertoon.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek.
  • Taklede het munisipale tuine in die dorp skoongemaak.

Nylstroom

  • Taklede het ’n braksloot in die dorp skoongemaak.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Phalaborwa

  • Taklede se hulp is ingeroep met die saag van bome.
  • Die tak het gehelp met die bestryding van veldbrande in die omgewing.
  • Taklede het gehelp om water aan te ry na huishoudings wat sonder water gelaat is.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Potgietersrus  

  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek.
  • Buurtwaglede het saam met die SAPD aan ’n operasie deelgeneem.

Groblersdal

  • Die buurtwag het gehelp met die bestryding van veldbrande in die omgewing.
  • Die buurtwag het die Elias Motsoaledi Plaaslike Munisipaliteit gehelp om stalletjies te verwyder.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Marble Hall

  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Ellisras

  • Die buurtwag het gehelp met die bestryding van veldbrande in die omgewing.

Messina

  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Pietersburg

  • Die Pietersburg-Suid-plaaswag het gehelp met die bestryding van veldbrande in die omgewing.
  • Pietersburg-Suid-plaaswaglede het die padreserwes rondom die pale waarop die tak se kameras gemonteer is, skoongemaak.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Thabazimbi

  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Tzaneen

  • Die tak het watertoetse uitgevoer as deel van AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek.

Soortgelyke plasings

#OnsSalSelf