Unieke kunswerk oor Afrikaner kry tuiste by AfriForum
Lea Kirsten, βn kunstenaar van Boksburg wat al van kindsbeen af skilder, het onlangs een van haar kunswerke getiteld Afrikanerdom aan AfriForum geskenk.
DiΓ© kunswerk, wat vanjaar βn prys vir uitmuntende artistieke uiting op die ARTi Gallery-kunskompetisie gewen het, is βn verafrikaansde weergawe van die Nederlandse skilder Johannes Vermeer se Brieflezende vrouw (in Engels bekend as Woman reading a letter). Die tema van die kompetisie was βReΓ«nboog Renaissance: Van barok tot braaiβ en omdat sy vermoed het dat die meeste ander kunstenaars braai gaan uitbeeld, het sy besluit om meer op die kulturele sy te fokus.

Volgens Kirsten het sy besluit om βn Suid-Afrikaanse verwerking van die Vermeer-meesterstuk te doen deur die Afrikaner se ryk kulturele erfenis, binne die raamwerk van die Suid-Afrikaanse landskap, te inkorporeer.
Die Afrikaner se vermoΓ« om, te midde van deurlopende kritiek en talle uitdagings, steeds te oorleef en te groei, was vir Kirsten die rede vir haar besluit om juis hierdie kultuurgemeenskap die fokus van haar inskrywing te maak.
Sy het eg Afrikaanse elemente gebruik en byvoorbeeld (in die plek van die kaart op die Vermeer-skildery) teks uit die eerste Afrikaanse koerant, Die Afrikaanse Patriot, ingesluit. βDie doel hiervan is om die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners op 14 Augustus 1875 as βn hoeksteen van die Afrikanerdom te simboliseer.β
Sy het ook die Voortrekkermonument en βn vroeΓ«re kaart van Suid-Afrika gebruik om hierdie simboliek verder uit te brei.
βSoos in die oorspronklike skildery, is die vrou in die nuwe weergawe ook swanger. Dit dui op die hoΓ« verwagtinge wat die Afrikanervolk koester om te leef en te doen wat hy moet doen om gedokumenteerde bewyse van die geskiedenis van die Afrikaner na te laat. In hierdie weergawe dra die vrou in die skildery ook βn Voortrekkerkappie en βn nekdoek en hou βn protea, die land se nasionale blom, vas.”
Kirsten benadruk dat dit vir haar belangrik is om βn boodskap met haar kuns oor te dra. βDit moet βn dieper betekenis hΓͺ wanneer mense daarna kyk,β sΓͺ sy.
Oor die simboliek van die kers en die onoopgemaakte Bybel op die tafel voor die vrou verduidelik Kirsten soos volg: βSelfs dΓt wat kosbaar was, word nou vervang met digitale inhoudsformaat. Die kers op die Bybel is egter doodgeblaas omdat die Afrikaner se wil om te bestaan, uitgeblus word.β
Kirsten het aan Forum Nuus gesΓͺ dat sy die skildery aan AfriForum geskenk het omdat sy nie wil hΓͺ dat dit verlore moet gaan nie en omdat dit iets is wat eie is aan die land en die Afrikaner se kultuur.
βWanneer βn mens diΓ© skildery met Vermeer sβn vergelyk, ontdek jy net meer en meer simbole van Afrikanergeskiedenis en -kultuur wat Lea so vernuftig en oorspronklik bygewerk het. Dis βn groot voorreg vir AfriForum dat sy ons gekies het om βn tuiste vir die mooi skepping te bied,β sΓͺ Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake.





