|

Vullisfiasko: AfriForum se Pretoria-Wes-tak spring in om te helpย 

Member only content

Terwyl โ€™n onbeskermde staking in die Tshwane-metro voortwoed, is noodsaaklike dienslewering in diรฉ munisipaliteit โ€“ soos die verwydering van vullis โ€“ so te sรช tot stilstand gedwing. AfriForum se Pretoria-Wes-tak het egter op 4 September ingespring om die vullisfiasko in die Danville-gemeenskap te beredder. Taklede het vragmotors en werknemers wat vullisverwydering hanteer, op hul roete in diรฉ gebied begelei en gehelp om asblikke leeg te maak.

Die Pretoria-Wes-tak het toegesien dat die ses vragmotors wat opgedaag het om hul plig teenoor die belastingbetalers in die Danville-gebied na te kom, hul werk veilig kon verrig. Vullisverwydering in diรฉ buurt is drie weke gelede gestaak weens stakende munisipale werknemers se intimidasie van kontrakteurs verantwoordelik vir vullisverwydering. Verskeie vullisvragmotors is reeds tydens die staking aan die brand gesteek. Dit het volgens die Tshwane-metro daartoe gelei dat kontrakteurs hul dienste onttrek het. Die ingryping van AfriForum se Pretoria-Wes-tak het vandeesweek nie net help toesien dat vullis in diรฉ gebied opgeneem kon word nie, maar dit het ook voorkom dat diรฉ vullis op straat en in die veld gestort word. 

โ€œDie staking woed nog sterk en dit wek groot kommer oor die metro se vermoรซ om wet en orde te handhaaf. Intussen staan basiese dienste wat aan lede van die publiek gelewer moet word, heelagter in die ry. Gemeenskapslede wat reeds hul sente omdraai, moet nou nog dieper delf om self in te staan vir dienste wat die Tshwane-metro eintlik moet lewer. Die Pretoria-Wes-tak het egter met hierdie optrede gewys watter reuse-invloed selfdoen-inisiatiewe op die gemeenskap kan hรช,โ€ verduidelik Dewet Ungerer, AfriForum se koรถrdineerder vir Groter Pretoria-Suid.

Ungerer moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak, vir hulself te veg en die Pretoria-Wes-gemeenskap op te bou.

Raak vandag nog betrokke by diรฉ plaaslike AfriForum-tak en stuur โ€™n e-pos na voorsitter.pretoria-wes@afriforumtak.co.za.

Soortgelyke plasings