Water word al hoe warmer vir Malema en EFF
AfriForum se stryd om Julius Malema, omstrede leier van die EFF, tot verantwoording te roep, is besig om vrugte af te werp.
Malema en sy party het nie vandag goeie nuus in die Noord-Gautengse hoë hof gekry nie.
Die vyfde kostebevel in twee jaar teen Malema en die EFF ten gunste van AfriForum is vandag in dié hof toegestaan.
AfriForum was vandag in die hof oor die saak van minagting van die hof teen Malema. AfriForum is vroeĂ«r hof toe om Malema te verbied om voort te gaan om mense aan te hits om grond onwettig te beset of te betree. Die hof het toe ân bestraffende kostebevel teen die EFF en sy leier gemaak.
ân Kostebevel is teen Malema gemaak en die saak is op die opponerende hofrol geplaas.
In nog ân saak wat in die dringende hof aangehoor is, het Malema en die EFF ân aansoek gebring dat daar nie voortgegaan word om op hul bates beslag te lĂȘ nie.
Dit volg op die lasbrief wat AfriForum vroeĂ«r vandeesweek bekom het om wel op hul roerende bates beslag te lĂȘ ter delging van ân bedrag van R337 758,68.
Die balju het reeds begin om op meubels en rekenaars in die EFF se kantoor te beslag vir ân veilig. Die veiling is egter uitgestel hangende die EFF se aansoek vandag.
Regter Johan Louw het die EFF se aansoek egter van die rol geskrap en gesĂȘ daar is geen saak vir dringendheid uit te maak nie. Die veiling kan dus nou voortgaan.
AfriForum se regspan het aangevoer dat Malema en die EFF met kwaadwillige litigasie besig is.
Malema en die EFF het gister in ân verrassende wending ân bedrag van R126 703,59 vir regskoste aan AfriForum oorbetaal voor vandag se hofsaak. Nog sowat R211 000 is uitstaande wat nou verhaal sal word.
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het gesĂȘ die betaling deur Malema en die EFF aan AfriForum stuur ân duidelike boodskap dat niemand bo die reg verhewe is nie.
Hy het gesĂȘ AfriForum het ân sterk saak teen Malema.
Kriel het gesĂȘ die geld wat Malema en die EFF oorbetaal het, sal gebruik word om onteiening sonder vergoeding en grondgrype in die howe te beveg. Hy het die uitkoms van vandag se hofverrigtinge ook verwelkom.
âJulius Malema en die EFF âmust pay back the moneyâ.â



